Saturday, 27 August 2011

WAAROM PERDE SKRIK EN HOE OM DIT TE HANTEER

Een van die areas op die gebied van perde wat die meeste misverstaan word, is op die gebied van skrik.
Daar is vier redes hoekom perde skrik:

  • Sommige perde (sommige bloedlyne) is meer geneig om te skrik as ander – dit het betrekking op teling en natuurlike temperament
  • Te min  werk en te veel energie veroorsaak oormatige spelerigheid. Dit is dikwels wenslik in sommige skouperdrasse. Andersins is meer werk ‘n logiese oplossing.
  • Perde mag doelbewus skrik om die oorhand oor jou te kry – ‘n geval van bederf.
  • Werklike vrees vir ‘n voorwerp, wat moontlik deur ‘n onervare afrigter/ ruiter veroorsaak is. 
    Dit moet in gedagte gehou word dat enige vreemde voorwerp vreesaanjaend vir ‘n perd is. Hou in gedagte dat dit ‘n perd se natuurlike instink is om te vlug van gevaar om homself te beskerm. Dit maak altyd sin om ‘n perd genoeg tyd toe te laat om homself met die voorwerp waarvoor hy bang is te vereenselwig. Laat die perd eers seker maak dat die voorwerp hom nie gaan seermaak nie. Moet nooit druk op ‘n perd sit wanneer hy WERKLIK bang is nie, tensy jy seker is hy wil jou net verkleineer. Jy moet baie seker maak hiervan, en onervare ruiters moet baie versigtig wees om ‘n perd te dwing na ‘n voorwerp wat hy vrees, aangesien dit baie waarskynlik is dat hulle die situasie net sal vererger. Dit mag permanente wantroue tussen perd en ruiter veroorsaak.

    Vertroue tussen perd en ruiter moet gevestig word op DAG 1. Sodra ‘n perd vertroue het in sy afrigter, is vordering ongelooflik vinnig. Sodra die perd die afrigter as sy leier aanvaar, sal hy “op die afrigter steun” vir beskerming en leiding. ‘n Mens bereik die stadium waar die perd die afrigter vertrou in die mate waar dit feitlik alles sal aanvaar wat die afrigter met hom wil doen.

    Dit word nie gedoen op die manier wat ‘n mens vertroue by ‘n mens sal vestig nie. ‘n Perd reageer op verskeie tegnieke en het sy eie taal, wat totaal van mens se taal verskil. Daar is verskeie metodes (definitiewe tegnieke) om dit te bereik. 

    Dit, en ‘n baie breë spektrum van perde afrigting, word in fyn besonderhede verduidelik in die baie praktiese handleiding EASY HORSE. Beskou die inhoud op http://www.easyhorse.info/http://www.easyhorse.info/

U kan hierdie e-boek aanlyn bestel op  http://www.greenhorsetrainingbook.org/order/

Tuesday, 9 August 2011

HOE DINK 'N PERD?

Na my mening is die mees ooglopende teken van ‘n gebrek aan “horse sense”, of begrip vir die manier wat ‘n perd dink, die gesindheid van “Hy sal maak soos ek sê”. Dit is myns insiens ‘n teken van verwaandheid, maar nie van “horse sense” nie, tensy dit gesê word deur ‘n ware knap “horseman” wie weet hoekom hy dit sê, en wat om te doen. Dit is verstommend dat hierdie gesindheid meestal gevind word onder amateurs met min of geen ondervinding, en wie die meeste perde waarmee hulle te doen kry, ruïneer.

Is dit nie net logies dat ‘n perd wat vir die eerste keer van die veld af kom, ALLES sal wantrou nie? ALLES is vir hom vreemd. Selfs om op stal te staan is vir hom ‘n vreemde ondervinding. So, wat doen die onkundige “horseman”?

In plaas van om begrip te hê vir die vrees en onsekerheid van hierdie jong perd, probeer hy hom oorheers, met die gevolg dat hy meer vrees en onsekerheid veroorsaak. Hulle verwag (uit onnoselheid) dat die perd hom moet vergewis van alles wat nuut is binne sekondes. ALLES is ‘n bedreiging vir hierdie jong perd. ALLES is vreemd. Hy weet nie WAT om te verwag van selfs die mees algemene dinge nie. Dit is haas ondenkbaar om te verstaan hoekom party mense die probleem wil oorkom deur die perd te probeer oorheers, in plaas van om die perd die geleentheid en tyd te gee om die vreemde voorwerpe te ondersoek. Weet die perd wat ‘n tuig, ‘n saal, ‘n roskam, ‘n handoek, ‘n toom is, of, meer belangrik, watter skade dit aan hom kan doen? Kan ons van hom verwag om te weet dat ons nie vir hom enige kwaad wil aandoen nie? Wat gaan aan in sy gedagtes? In sy natuurlike staat moet hy vlug of himself verdedig teen gevaar. Vir hom is hierdie dinge so vreesaanjaend soos ‘n spook op middernag vir ons. Gesonde verstand--------maar is verstand altyd so gesond?

So wat doen die onkundige, verwaande, onenvare “horseman” ( wie soms na amper ‘n leeftyd steeds “onkundig” is) wanneer die perd skrik of verbouereerd raak? Skree, selfs so erg soos om te slaan, selfs skop. Sulke mense is te dom om te besef dat die perd slegs poog om himself te beskerm teen ‘n gevaar wat na SY mening, hom kan beseer of selfs kan doodmaak. Dus bewys hulle sy vrese goed gegrond!!!! En veroorsaak PERMANENTE twyfel en wantroue. Dit is net so verstandig soos, wanneer ‘n klein seuntjie sukkel om ‘n pakkie meel te dra, ‘n pakkie suiker by sy vrag by te voeg, in plaas van om sy vrag ligter te maak. Ewe onnosel!!!!!!!

Iemand het eenmaal gesê: “Alle perde is perde; alle mense is nie “horsemen” nie”. Hoe waar!!!!

Thursday, 21 July 2011

PERDESIELKUNDE - NET GESONDE VERSTAND

PERDE SIELKUNDE – BLOOT GESONDE VERSTAND

Die eerste en mees belangrike punt in perde afrigting is OM VIR DIE PERD TE LEER DAT HY JOU TE ALLE TYE KAN VERTROU. AS HY DIT DIE EERSTE DAG LEER, HET JY ‘N FONDAMENT GELÊ WAARVAN DIE WAARDE NIE BEREKEN KAN WORD NIE, VIR DIE RES VAN DIE PERD SE LEWE. DIE MEES BELANGRIKE DAG IS DIE EERSTE DAG. DAN LEER DIE PERD OM JOU TE :
1. VERTROU,
2. WANTROU, of
3. HAAT
Ek wil dit derhalwe BEKLEMTOON dat dit nie iets is wat ek self uitgevind het te danke aan my besondere perdekennis of vernuf nie, maar wat ek die voorreg gehad het om van knap perdemense wie se paaie God in Sy liefde met myne laat kruis het oor ‘n tydperk van meer as veertig jaar, te leer, en meestal wat Hy aan my openbaar het uit genade.

Ek het reeds baie boeke gelees oor “Natural Horsemanship” en verskeie DVDs gekyk, maar die probleem met baie hiervan is dat dit vir jou die eindproduk en resultaat wys, maar NIE die tree-vir-tree proses om daar te kom vanaf dag1 nie. In hierdie boek poog ek om u tree-vir-tree te lei, van die dag dat die rou perd of vul, wat nog nooit hanteer is nie, uit die veld kom, tot die voltooiing van die proses van vertroue bou (bonding). Vir die doel van hierdie kursus neem ons aan dat die perd van die hoogs gespanne, “warm” tipe is. Baie perde sal dit moontlik maak om veel vinniger te vorder, MAAR EK WIL U, DIE LEEK, DIE AMATEUR, HELP OM ‘N VERTROUENSVERHOUDING MET ENIGE PERD TE ONTWIKKEL. Dit het normaalweg vir Bulletjie (my seun en een van die mees talentvolle “horsemen” wie ek ken) twintig tot dertig minute geneem om in die saal te sit van perde wat nog nooit hanteer is nie. Moet egter nie verwag om dit uit die staanspoor reg te kry nie. Bulletjie het jare se ondervinding van hierdie proses van vertroue bou. Sal u nie lekker voel as u dit ook kan doen nie?

 Na my mening is die mees ooglopende teken van ‘n gebrek aan “horse sense”, of begrip vir die manier wat ‘n perd dink, die gesindheid van “Hy sal maak soos ek sê”. Dit is myns insiens ‘n teken van verwaandheid, maar nie van “horse sense” nie, tensy dit gesê word deur ‘n ware knap “horseman” wie weet hoekom hy dit sê, en wat om te doen. Dit is verstommend dat hierdie gesindheid meestal gevind word onder amateurs met min of geen ondervinding, en wie die meeste perde waarmee hulle te doen kry, ruïneer.
Is dit nie net logies dat ‘n perd wat vir die eerste keer van die veld af kom, ALLES sal wantrou nie? ALLES is vir hom vreemd. Selfs om op stal te staan is vir hom ‘n vreemde ondervinding. So, wat doen die onkundige “horseman”?

Besoek hierdie blog gereeld vir die opvolg van hierdie bespreking, of kry die volledige kursus oor perde afrigting onmiddelik op http://www.easyhorse.info/bestel , om te ontdek dat jy dinge met ‘n perd kan doen wat jy nooit gedink het jy kan doen nie.

Ek stel voor dat u die Facebook Page EASY HORSE “Like” om gereeld nuwe inligting oor perde afrigting te kry

Friday, 8 July 2011

AKUPUNKTUUR deur Dr. Jan Still

AKUPUNKTUUR
deur

Dr. Jan Still
Akupunktuur is ‘n terapeutiese metode wat in die Oos-Asiese lande ontstaan het. Dit word in beide Sjina, en in ‘n toenemende mate ook in baie Europese lande en in Noord en Suid Amerika toegepas. Akupunktuur is hoogs doeltreffend vir die verligting van pyn en sekere ander mediese toestande in mense en diere.

Volgens tradisionele teorieë verlig akupunktuur pyn en genees siektes deur die vloei energie Qi in die liggaam te harmoniseer. Moderne wetenskaplike navorsing het bevestig dat akupunktuur werk deur selektiewe stimulasie van die senustelsel. ‘n Verskeidenheid van chemikalië soos “neurotransmitters” en “neuromodulators” word vrygestel in verskeie dele van die senustelsel in reaksie tot akupunktuurstimulasie. Dit en ander fisiologiese veranderings veroorsaak deur akupunktuur help dan met pynverligting en ander vorms van genesing.

INDIKASIES VIR DIE GEBRUIK VAN AKUPUNKTUUR IN PERDE
Sogenaamde sagte weefsel beserings wat gekenmerk word deur pyn, styfheid, spierspasma of verlamming, veranderde beweging of lamheid, is die hooftekens vir die gebruik van akupunktuur in perde. Akupunktuur word suksesvol gebruik om sekere ryprobleme te bestuur, by perde wat weier (en in sekere gevalle net nie kan nie) om sekere funksies te verrig as gevolg van die onderliggende pyn en ongerief. Die hooftekens vir die gebruik van akupunktuur in sportperde, Amerikaanse Saalperde ingesluit, is:

SEER NEK
Gekenmerk deur verlies aan buigsaamheid en onvermoë om sywaarts te buig; hoë of lae houding van die nek; pootjie oor voorbene ens. By Saalperde in die besonder, is nekspiere dikwels gevoelig en spasmies, en dit veroorssak menige werksprobleme.

SEER RUG
Dit is ‘n baie algemene toestand wat nie altyd betyds waargeneem word nie. ‘n Seer rug kan ‘n groot oorsaak wees van ongerief by die perd en ‘n rede vir baie ryprobleme. Algemene verlies aan beweeglikheid; verandering van temperament; stert swaai; onbeheerbare op loop sit; spring; op die agterpote staan en minige ander tekens kan ‘n indikasie wees van pyn in die rug. Die laer rugarea in besonder is onder druk by Amerikaanse Saalperde. Hierdie toestand kan veral in verband gebring word met verminderde dryfkrag van die agterkwart, asook algemene gebrek aan soepelheid.

VERKEERDE BEWEGING VAN DIE LEDEMATE EN LAMHEID
Akupunktuurbehandeling is doeltreffend vir die behandeling van sagte weefselbeserings geleë in die skouer, heup en laer boud (“stifle”) areas. Hierdie beserings kan ‘n oorsaak wees van enkel- of meerledemaat styfheid, verkorte tree, kortaf of ongelyk gang, of lamheid.

As gevolg van die rasverwante geaardheid van die beweging en metodes van afrigting, is spierspanning en ander tipes beserings in die laer nek en skouer algemeen by die Amerikaanse Saalperd. Ander probleme wat dilwels voorkom is styfheid in die boonste gedeelte van die nek en knie-sening spiere aan die agterkant van die agterste ledemate. Gerekte spiere of ligamente, of ge-irriteerde (“geknypte”) senuwees word doeltreffend gediagnoseer en behandel met akupunktuur in sulke gevalle.

ALGEMENE LIGGAAMSPYN EN STYFHEID
Sommige perde wat swak werksvermoë of moeilike gedrag toon word daaropvolgend gediagnoseer met algemene spierpyn en spasma. Hierdie ongewenste toestand mag ontstaan as gevolg van oormatige liggaamsspanning wat verband hou met afrigting, kompetisies, of as gevolg van ongelukke. Dit blyk dat daar unieke vatbaarheid vir die toestand by sommige perde is.

SAGTE OF HARDE BEK
Sommige perde ontwikkel buitengewone gevoeligheid by bepaalde senuwees in die kop. Die skerp pyn mag ‘n reeks ryprobleme veroorsaak, soos abnormale gevoeligheid vir die stang, swaar in die toom, kopskud of in die lug opgooi, asook weerstand wanneer die perd na ‘n spesifieke kant toe gedraai word.

GEVOELIGE BORS
Hierdie toestand word waargeneem deur oordrewe gevoeligheid van die perd wanneer die buikgord vasgetrek word. Dikwels sal die perd neig om onbeheerd weg te hardloop of weier om vorentoe te beweeg.

In die algemeen, as die perd begin weier om sy normale take te verrig tydens afrigting of in kompetisie, of wanneer hy in ‘n ander of ongewenste manier optree, kan ‘n onderliggende pyn in die spier- en skeletale stelsel vermoed word. Dit is krities vir die perd se welvaart, asook vir die ruiter se se veiligheid om die onderliggende redes vir die pyn doeltreffend te bestuur. Suksesvolle pynbestuur, hetsy deur akupunktuur of ander veeartsenykundige metodes behandel, mag baie voordelig wees in die vorm van verbeterde werksvermoë. Meer besonderhede hieroor en ander onderwerpe kan gevind word op my webblad www.animal-acupuncture.co.za

Besoek ons webblad  http://www.easyhorse.info/ 
vir maklike, praktiese, doeltreffende afrigtingsmetodes wat enige leek en beginner suksesvol kan toepas.

Hou ons volgende blog dop vir die res van hierdie artikel.

Wednesday, 29 June 2011

WAAROOR EASY HORSE GAAN

EASY HORSE

MOONTLIK DIE MEES PRAKTIESE, MAKLIKSTE, VINNIGSTE, SAGSTE PERDEAFRIGTINGSBOEK WAT OOIT GESKRYF IS, EN MOONTLIK DIE SAGSTE, MAAR MEES DOELTREFFENDE BOEK OOR PERDEAFRIGTING BESKIKBAAR.

HIERDIE E-BOEK GAAN NIE OOR "PERDE INBREEK" NIE, MAAR OOR "PERDE AFRIGTING LESSE", OF "PERDE SKOOL", MET RUITERKUNSLESSE BYGEVOEG.

Anders as die meeste boeke oor perdeafrigting, verduidelik hierdie e-boek stap na babastap in die fynste besonderhede, maar steeds op die eenvoudigste manier denkbaar, elke stap. Dit lei jou van die oomblik dat die rou, wilde jong perd, wat nog nooit ‘n mens gesien het nie, genader word, tot waar jy ‘n goed gemanierde, betroubare perd wat vertroue het, en wat jou hele familie werklik kan geniet, kan ry of dryf.

Hierdie perdeafrigtingsmetodes verg feitlik geen vernuf, gawes of besondere talent nie. Jy hoef nie jare se ondervinding van perdeafrigting te hê nie. Geen nodigheid om ‘n ervare perdeafrigter te wees nie. Beginners en leke kan hierdie maklike, maar hoogs doeltreffende, praktiese, natuurlike afrigtingsmetodes en ruiterkunslesse toepas.

Dit is een van die baie min boeke oor natuurlike perdeafrigting wat metodes beskryf wat so eenvoudig is dat beginners en leke dit suksesvol kan toepas (dit is werklik ‘n boek oor perdry vir beginners). Binne bietjie meer as ‘n uur kan jy leer hoedat JY, die leek, ‘n jong, rou perd kan kry om jou bedaard en met vertroue te volg, na twintig tot veertig minute.

Dit is veral geskik vir “groom trainers” – miskien die enigste manier wat die meeste van hulle nie ‘n belowende jong perd sal bederf nie.

Moontlik lê die grootste voordeel van hierdie kursus daarin dat dit as ‘n handleiding vir ryskole uiters geskik is. Kursusse wat op die internet aangebied word is uiters duur, en bykomstige CD’s, DVD’s en toerusting word benodig om dit volledig te maak. Hierdie kursus is volledig: geen bykomstige CD’s, DVD’s of toerusting word benodig nie. Verder dek dit baie ander aspekte van die perdebedryf soos perdetandheelkunde, akupunktuur en ander onderwerpe waaraan daar gewerk word en wat gereeld bygevoeg word. Dit maak hierdie baie bekostigbare kursus die maklikste, vinnigste en mees volledige manier wat leke en beginners agtergrondkennis oor perde sal opdoen op enige plek. Dit is ontwerp rondom eenvoud, doeltreffendheid en volledigheid, teen ‘n prys wat elke kind wie perdry kan bekostig.

Hierdie metodes is ewe geskik vir veeboere wie perde gebruik op bees-en skaapplase. Die eenvoud van hierdie metodes maak dit prakties vir enige doel.

Daar is vele voordele in Easy Horse:
1. Dit werk ewe goed op enige tipe en ras.
2. Moontlik die vinnigste manier om ‘n perd af te rig.
3. Moontlik die maklikste perdeafrigtingslesse wat ooit beskryf is.
4. Moontlik die sagste "perdeskool" van alle perde afrigtingsmetodes - nie perde inbreek nie.
5. Dit gee jou insig in die manier wat ‘n perd dink – ‘n kursus in perdesielkunde.
6. Die eindresultaat is ‘n goed gemanierde, betroubare perd wat die hele familie kan geniet.
7. 'n Besprekingsforum waar u die perde afrigtingslesse en perde probleme wat u ondervind, kan bespreek.
8.  24 / 7 konsultasie omtrent perde lesse.

WAT U BINNE SAL VIND:
1. Hoe om 'n wilde perd se vertroue te wen binne twintig tot veertig minute.
2. Hoe om 'n perd die eerste keer op te klim sonder dat hy spring - en die ry te geniet.
3. Hoe om 'n perd voor te berei vir inspan sodat hy wegstap soos 'n ou tuigperd.
4. Hoe om 'n perd wat skrik te behandel.
5. Hoe om ‘n goeie bek te ontwikkel, en ‘n perd te hê wat lig in die toom is.
6. Hoe om die baklei uit ‘n perd te haal, en hoe om ‘n senuagtige, oorwarm perd te kalmeer.
7. Hoe om binne 'n week balans in die saal te ontwikkel met 'n paar maklike oefeninge.
8. Hoe om 'n kopsku perd reg te kry.
9. Ruiterkunslesse wat vir u binne 'n week balans in die saal sal leer.

DOEN DIT SELF OP DIE MAKLIKE, VINNIGE, SAGSTE EN MEES PRAKTIESE MANIER.

LOS U PERDE-AFRIGTINGSPROBLEME PERMANENT OP

ORDER NOW

OMTRENT EASY HORSE

MOONTLIK DIE MEES PRAKTIESE, MAKLIKSTE, VINNIGSTE, SAGSTE PERDEAFRIGTINGSBOEK WAT OOIT GESKRYF IS, EN MOONTLIK DIE SAGSTE, MAAR MEES DOELTREFFENDE BOEK OOR PERDEAFRIGTING BESKIKBAAR.

HIERDIE E-BOEK GAAN NIE OOR "PERDE INBREEK" NIE, MAAR OOR "PERDE AFRIGTING LESSE", OF "PERDE SKOOL", MET RUITERKUNSLESSE BYGEVOEG.

Anders as die meeste boeke oor perdeafrigting, verduidelik hierdie e-boek stap na babastap in die fynste besonderhede, maar steeds op die eenvoudigste manier denkbaar, elke stap. Dit lei jou van die oomblik dat die rou, wilde jong perd, wat nog nooit ‘n mens gesien het nie, genader word, tot waar jy ‘n goed gemanierde, betroubare perd wat vertroue het, en wat jou hele familie werklik kan geniet, kan ry of dryf.
Hierdie perdeafrigtingsmetodes verg feitlik geen vernuf, gawes of besondere talent nie. Jy hoef nie jare se ondervinding van perdeafrigting te hê nie. Geen nodigheid om ‘n ervare perdeafrigter te wees nie. Beginners en leke kan hierdie maklike, maar hoogs doeltreffende, praktiese, natuurlike afrigtingsmetodes en ruiterkunslesse toepas.

Dit is een van die baie min boeke oor natuurlike perdeafrigting wat metodes beskryf wat so eenvoudig is dat beginners en leke dit suksesvol kan toepas (dit is werklik ‘n boek oor perdry vir beginners). Binne bietjie meer as ‘n uur kan jy leer hoedat JY, die leek, ‘n jong, rou perd kan kry om jou bedaard en met vertroue te volg, na twintig tot veertig minute.

Dit is veral geskik vir “groom trainers” – miskien die enigste manier wat die meeste van hulle nie ‘n belowende jong perd sal bederf nie.

Moontlik lê die grootste voordeel van hierdie kursus daarin dat dit as ‘n handleiding vir ryskole uiters geskik is. Kursusse wat op die internet aangebied word is uiters duur, en bykomstige CD’s, DVD’s en toerusting word benodig om dit volledig te maak. Hierdie kursus is volledig: geen bykomstige CD’s, DVD’s of toerusting word benodig nie. Verder dek dit baie ander aspekte van die perdebedryf soos perdetandheelkunde, akupunktuur en ander onderwerpe waaraan daar gewerk word en wat gereeld bygevoeg word. Dit maak hierdie baie bekostigbare kursus die maklikste, vinnigste en mees volledige manier wat leke en beginners agtergrondkennis oor perde sal opdoen op enige plek. Dit is ontwerp rondom eenvoud, doeltreffendheid en volledigheid, teen ‘n prys wat elke kind wie perdry kan bekostig.    

Hierdie metodes is ewe geskik vir veeboere wie perde gebruik op bees-en skaapplase. Die eenvoud van hierdie metodes maak dit prakties vir enige doel

Daar is vele voordele in Easy Horse:
1. Dit werk ewe goed op enige tipe en ras.
2. Moontlik die vinnigste manier om ‘n perd af te rig.
3. Moontlik die maklikste perdeafrigtingslesse wat ooit beskryf is.
4. Moontlik die sagste "perdeskool" van alle perde afrigtingsmetodes - nie perde
    inbreek nie.
5. Dit gee jou insig in die manier wat ‘n perd dink – ‘n kursus in perdesielkunde.
6. Die eindresultaat is ‘n goed gemanierde, betroubare perd wat die hele familie kan
    geniet.
7. 'n Besprekingsforum waar u die perde afrigtingslesse en perde probleme wat u
    ondervind, kan bespreek.
8.  24 / 7 konsultasie omtrent perde lesse.

WAT U BINNE SAL VIND:
1. Hoe om 'n wilde perd se vertroue te wen binne twintig tot veertig minute.
2. Hoe om 'n perd die eerste keer op te klim sonder dat hy spring - en die ry te geniet.
3. Hoe om 'n perd voor te berei vir inspan sodat hy wegstap soos 'n ou tuigperd.
4. Hoe om 'n perd wat skrik te behandel.
5. Hoe om ‘n goeie bek te ontwikkel, en ‘n perd te hê wat lig in die toom is.
6. Hoe om die baklei uit ‘n perd te haal, en hoe om ‘n senuagtige, oorwarm perd te
     kalmeer.
7. Hoe om binne 'n week balans in die saal te ontwikkel met 'n paar maklike oefeninge.
8. Hoe om 'n kopsku perd reg te kry.
9. Ruiterkunslesse wat vir u binne 'n week balans in die saal sal leer.
DOEN DIT SELF OP DIE MAKLIKE, VINNIGE, SAGSTE EN MEES PRAKTIESE MANIER.
LOS U PERDE-AFRIGTINGSPROBLEME PERMANENT OP

Besoek http://www.easyhorse.info/bestel om te bestel