Saturday 27 August 2011

WAAROM PERDE SKRIK EN HOE OM DIT TE HANTEER



Een van die areas op die gebied van perde wat die meeste misverstaan word, is op die gebied van skrik.
Daar is vier redes hoekom perde skrik:

  • Sommige perde (sommige bloedlyne) is meer geneig om te skrik as ander – dit het betrekking op teling en natuurlike temperament
  • Te min  werk en te veel energie veroorsaak oormatige spelerigheid. Dit is dikwels wenslik in sommige skouperdrasse. Andersins is meer werk ‘n logiese oplossing.
  • Perde mag doelbewus skrik om die oorhand oor jou te kry – ‘n geval van bederf.
  • Werklike vrees vir ‘n voorwerp, wat moontlik deur ‘n onervare afrigter/ ruiter veroorsaak is. 
    Dit moet in gedagte gehou word dat enige vreemde voorwerp vreesaanjaend vir ‘n perd is. Hou in gedagte dat dit ‘n perd se natuurlike instink is om te vlug van gevaar om homself te beskerm. Dit maak altyd sin om ‘n perd genoeg tyd toe te laat om homself met die voorwerp waarvoor hy bang is te vereenselwig. Laat die perd eers seker maak dat die voorwerp hom nie gaan seermaak nie. Moet nooit druk op ‘n perd sit wanneer hy WERKLIK bang is nie, tensy jy seker is hy wil jou net verkleineer. Jy moet baie seker maak hiervan, en onervare ruiters moet baie versigtig wees om ‘n perd te dwing na ‘n voorwerp wat hy vrees, aangesien dit baie waarskynlik is dat hulle die situasie net sal vererger. Dit mag permanente wantroue tussen perd en ruiter veroorsaak.

    Vertroue tussen perd en ruiter moet gevestig word op DAG 1. Sodra ‘n perd vertroue het in sy afrigter, is vordering ongelooflik vinnig. Sodra die perd die afrigter as sy leier aanvaar, sal hy “op die afrigter steun” vir beskerming en leiding. ‘n Mens bereik die stadium waar die perd die afrigter vertrou in die mate waar dit feitlik alles sal aanvaar wat die afrigter met hom wil doen.

    Dit word nie gedoen op die manier wat ‘n mens vertroue by ‘n mens sal vestig nie. ‘n Perd reageer op verskeie tegnieke en het sy eie taal, wat totaal van mens se taal verskil. Daar is verskeie metodes (definitiewe tegnieke) om dit te bereik. 

    Dit, en ‘n baie breë spektrum van perde afrigting, word in fyn besonderhede verduidelik in die baie praktiese handleiding EASY HORSE. Beskou die inhoud op http://www.easyhorse.info/http://www.easyhorse.info/


U kan hierdie e-boek aanlyn bestel op  http://www.greenhorsetrainingbook.org/order/




Tuesday 9 August 2011

HOE DINK 'N PERD?


Na my mening is die mees ooglopende teken van ‘n gebrek aan “horse sense”, of begrip vir die manier wat ‘n perd dink, die gesindheid van “Hy sal maak soos ek sê”. Dit is myns insiens ‘n teken van verwaandheid, maar nie van “horse sense” nie, tensy dit gesê word deur ‘n ware knap “horseman” wie weet hoekom hy dit sê, en wat om te doen. Dit is verstommend dat hierdie gesindheid meestal gevind word onder amateurs met min of geen ondervinding, en wie die meeste perde waarmee hulle te doen kry, ruïneer.

Is dit nie net logies dat ‘n perd wat vir die eerste keer van die veld af kom, ALLES sal wantrou nie? ALLES is vir hom vreemd. Selfs om op stal te staan is vir hom ‘n vreemde ondervinding. So, wat doen die onkundige “horseman”?

In plaas van om begrip te hê vir die vrees en onsekerheid van hierdie jong perd, probeer hy hom oorheers, met die gevolg dat hy meer vrees en onsekerheid veroorsaak. Hulle verwag (uit onnoselheid) dat die perd hom moet vergewis van alles wat nuut is binne sekondes. ALLES is ‘n bedreiging vir hierdie jong perd. ALLES is vreemd. Hy weet nie WAT om te verwag van selfs die mees algemene dinge nie. Dit is haas ondenkbaar om te verstaan hoekom party mense die probleem wil oorkom deur die perd te probeer oorheers, in plaas van om die perd die geleentheid en tyd te gee om die vreemde voorwerpe te ondersoek. Weet die perd wat ‘n tuig, ‘n saal, ‘n roskam, ‘n handoek, ‘n toom is, of, meer belangrik, watter skade dit aan hom kan doen? Kan ons van hom verwag om te weet dat ons nie vir hom enige kwaad wil aandoen nie? Wat gaan aan in sy gedagtes? In sy natuurlike staat moet hy vlug of himself verdedig teen gevaar. Vir hom is hierdie dinge so vreesaanjaend soos ‘n spook op middernag vir ons. Gesonde verstand--------maar is verstand altyd so gesond?

So wat doen die onkundige, verwaande, onenvare “horseman” ( wie soms na amper ‘n leeftyd steeds “onkundig” is) wanneer die perd skrik of verbouereerd raak? Skree, selfs so erg soos om te slaan, selfs skop. Sulke mense is te dom om te besef dat die perd slegs poog om himself te beskerm teen ‘n gevaar wat na SY mening, hom kan beseer of selfs kan doodmaak. Dus bewys hulle sy vrese goed gegrond!!!! En veroorsaak PERMANENTE twyfel en wantroue. Dit is net so verstandig soos, wanneer ‘n klein seuntjie sukkel om ‘n pakkie meel te dra, ‘n pakkie suiker by sy vrag by te voeg, in plaas van om sy vrag ligter te maak. Ewe onnosel!!!!!!!

Iemand het eenmaal gesê: “Alle perde is perde; alle mense is nie “horsemen” nie”. Hoe waar!!!!