Tuesday 9 August 2011

HOE DINK 'N PERD?


Na my mening is die mees ooglopende teken van ‘n gebrek aan “horse sense”, of begrip vir die manier wat ‘n perd dink, die gesindheid van “Hy sal maak soos ek sê”. Dit is myns insiens ‘n teken van verwaandheid, maar nie van “horse sense” nie, tensy dit gesê word deur ‘n ware knap “horseman” wie weet hoekom hy dit sê, en wat om te doen. Dit is verstommend dat hierdie gesindheid meestal gevind word onder amateurs met min of geen ondervinding, en wie die meeste perde waarmee hulle te doen kry, ruïneer.

Is dit nie net logies dat ‘n perd wat vir die eerste keer van die veld af kom, ALLES sal wantrou nie? ALLES is vir hom vreemd. Selfs om op stal te staan is vir hom ‘n vreemde ondervinding. So, wat doen die onkundige “horseman”?

In plaas van om begrip te hê vir die vrees en onsekerheid van hierdie jong perd, probeer hy hom oorheers, met die gevolg dat hy meer vrees en onsekerheid veroorsaak. Hulle verwag (uit onnoselheid) dat die perd hom moet vergewis van alles wat nuut is binne sekondes. ALLES is ‘n bedreiging vir hierdie jong perd. ALLES is vreemd. Hy weet nie WAT om te verwag van selfs die mees algemene dinge nie. Dit is haas ondenkbaar om te verstaan hoekom party mense die probleem wil oorkom deur die perd te probeer oorheers, in plaas van om die perd die geleentheid en tyd te gee om die vreemde voorwerpe te ondersoek. Weet die perd wat ‘n tuig, ‘n saal, ‘n roskam, ‘n handoek, ‘n toom is, of, meer belangrik, watter skade dit aan hom kan doen? Kan ons van hom verwag om te weet dat ons nie vir hom enige kwaad wil aandoen nie? Wat gaan aan in sy gedagtes? In sy natuurlike staat moet hy vlug of himself verdedig teen gevaar. Vir hom is hierdie dinge so vreesaanjaend soos ‘n spook op middernag vir ons. Gesonde verstand--------maar is verstand altyd so gesond?

So wat doen die onkundige, verwaande, onenvare “horseman” ( wie soms na amper ‘n leeftyd steeds “onkundig” is) wanneer die perd skrik of verbouereerd raak? Skree, selfs so erg soos om te slaan, selfs skop. Sulke mense is te dom om te besef dat die perd slegs poog om himself te beskerm teen ‘n gevaar wat na SY mening, hom kan beseer of selfs kan doodmaak. Dus bewys hulle sy vrese goed gegrond!!!! En veroorsaak PERMANENTE twyfel en wantroue. Dit is net so verstandig soos, wanneer ‘n klein seuntjie sukkel om ‘n pakkie meel te dra, ‘n pakkie suiker by sy vrag by te voeg, in plaas van om sy vrag ligter te maak. Ewe onnosel!!!!!!!

Iemand het eenmaal gesê: “Alle perde is perde; alle mense is nie “horsemen” nie”. Hoe waar!!!!

No comments:

Post a Comment