Thursday 21 July 2011

PERDESIELKUNDE - NET GESONDE VERSTAND

PERDE SIELKUNDE – BLOOT GESONDE VERSTAND

Die eerste en mees belangrike punt in perde afrigting is OM VIR DIE PERD TE LEER DAT HY JOU TE ALLE TYE KAN VERTROU. AS HY DIT DIE EERSTE DAG LEER, HET JY ‘N FONDAMENT GELÊ WAARVAN DIE WAARDE NIE BEREKEN KAN WORD NIE, VIR DIE RES VAN DIE PERD SE LEWE. DIE MEES BELANGRIKE DAG IS DIE EERSTE DAG. DAN LEER DIE PERD OM JOU TE :
1. VERTROU,
2. WANTROU, of
3. HAAT
Ek wil dit derhalwe BEKLEMTOON dat dit nie iets is wat ek self uitgevind het te danke aan my besondere perdekennis of vernuf nie, maar wat ek die voorreg gehad het om van knap perdemense wie se paaie God in Sy liefde met myne laat kruis het oor ‘n tydperk van meer as veertig jaar, te leer, en meestal wat Hy aan my openbaar het uit genade.

Ek het reeds baie boeke gelees oor “Natural Horsemanship” en verskeie DVDs gekyk, maar die probleem met baie hiervan is dat dit vir jou die eindproduk en resultaat wys, maar NIE die tree-vir-tree proses om daar te kom vanaf dag1 nie. In hierdie boek poog ek om u tree-vir-tree te lei, van die dag dat die rou perd of vul, wat nog nooit hanteer is nie, uit die veld kom, tot die voltooiing van die proses van vertroue bou (bonding). Vir die doel van hierdie kursus neem ons aan dat die perd van die hoogs gespanne, “warm” tipe is. Baie perde sal dit moontlik maak om veel vinniger te vorder, MAAR EK WIL U, DIE LEEK, DIE AMATEUR, HELP OM ‘N VERTROUENSVERHOUDING MET ENIGE PERD TE ONTWIKKEL. Dit het normaalweg vir Bulletjie (my seun en een van die mees talentvolle “horsemen” wie ek ken) twintig tot dertig minute geneem om in die saal te sit van perde wat nog nooit hanteer is nie. Moet egter nie verwag om dit uit die staanspoor reg te kry nie. Bulletjie het jare se ondervinding van hierdie proses van vertroue bou. Sal u nie lekker voel as u dit ook kan doen nie?



 Na my mening is die mees ooglopende teken van ‘n gebrek aan “horse sense”, of begrip vir die manier wat ‘n perd dink, die gesindheid van “Hy sal maak soos ek sê”. Dit is myns insiens ‘n teken van verwaandheid, maar nie van “horse sense” nie, tensy dit gesê word deur ‘n ware knap “horseman” wie weet hoekom hy dit sê, en wat om te doen. Dit is verstommend dat hierdie gesindheid meestal gevind word onder amateurs met min of geen ondervinding, en wie die meeste perde waarmee hulle te doen kry, ruïneer.
Is dit nie net logies dat ‘n perd wat vir die eerste keer van die veld af kom, ALLES sal wantrou nie? ALLES is vir hom vreemd. Selfs om op stal te staan is vir hom ‘n vreemde ondervinding. So, wat doen die onkundige “horseman”?

Besoek hierdie blog gereeld vir die opvolg van hierdie bespreking, of kry die volledige kursus oor perde afrigting onmiddelik op http://www.easyhorse.info/bestel , om te ontdek dat jy dinge met ‘n perd kan doen wat jy nooit gedink het jy kan doen nie.

Ek stel voor dat u die Facebook Page EASY HORSE “Like” om gereeld nuwe inligting oor perde afrigting te kry

No comments:

Post a Comment