Monday 24 October 2011

WAT MOET ONS VERWAG VAN ‘N GOEIE PERDEBOEK?


WAT MOET ONS VERWAG VAN ‘N GOEIE PERDEBOEK?

 Wat moet ons van ‘n goeie boek of handleiding oor perde en perde afrigting verwag?

Ons kan ook ‘n paar verwante vrae vra, soos: wat behoort ‘n goeie ry instrukteur sy/haar leerlinge leer, of wat moet die primêre doel van enige instrukteur oor perde wees?

Natuurlik sal die antwoorde soveel varieer soos wat daar perderasse en tipes verskil, afhangende van baie faktore, soos die doelwit van die leerling, sy doel of deelname, dissipline, agtergrond van leerling ens.

Heelparty kinders wie perdry, asook volwassenes, beskou sekere sertifikate en kwalifikasies as die heel hoogste prestasie. Vir hulle is dit die hoogste prestasie om die eksamen te slaag met die hoogste lof, die toppunt. Hierdie leerlinge sal heel montlik dik handboeke bestudeer en sodoende baie teorie leer, en sal sodoende geweldig baie teoretiese kennis bekom.

Maar die belangrikste vraag bly steeds: wat tel die meeste wanneer jy voor die perd staan en in die perd se oë kyk? Is dit teoretiese kennis en kwalifikasies, of is dit praktiese kennis en praktiese vermoë?

Ek het  baie leerlinge (en baie top klas ruiterkuns instrukteurs) wie al die teorie en kwalifikasies het, gesien, maar wie nie in staat is om enigiets meer as ‘n bomproef perd te hanteer nie, en eweneens het hulle nie die aanvoeling en kundigheid om ‘n gespanne perd kalm, vol vertroue en gedissiplineerd te maak.  

My belangstelling is onlangs geweldig geprikkel toe ek ‘n e-pos van ‘n “deskunidige perde-kalmeerder” ontvang, wie ‘n uitstaande voorlegging gedoen het as iemand wie “werklik” die beste tegniek ken om skrikkerige perde te kalmeer en vertroue te gee. Die onderwerp van haar demonstrasie was deur haar beskryf as “die plaaslike skrikker”. Ek kon nie wag dat sy haar bekendstelling afsluit en met haar demonstrasie begin nie.

En toe word “die plaaslike skrikker” bekendgestel. Al wat die arme perd gedoen het was om sy kop op te tel en sy ore te spits, en om ‘n bietjie meer wakker te lyk as die res om te wys dat hy iets raakgesien het en aandag gegee het !!!

Ek het gerespekteerde ryskole besoek waar daar uiters snobisitiese en hoogs gekwalifiseerde ry-instrukteurs met ‘n “jy kan my niks leer nie” gesindheid, is, waar al wat die arme mense kan hanteer ‘n bomproef perd is van die sort wat vereis word vir ‘n drie jaar oud kind. Sommige van die ry-instrukteurs kan niks meer hanteer as ‘n tien jaar oue kind in ‘n plattelandse gemeenskap nie.

Ek bevorder geensins die gedagte dat onervare kinders se lewens en veiligheid in gevaar gestel moet word nie. My eie twee dogters is twee baie verfynde en vroulike vrouens, en so ook my kleindogters, dus weet ek hoe kosbaar ‘n mens se kinders is. Maar wat sommige mense, veral by sommige hoogs gerespekteerde ruiterkuns inrigtings, as “gevaarlik, wild en skrikkerig” beskou, is net belaglik.

Ek besef dat dit vir sommige stadskinders opwindend is om net op ‘n perd rondgelei te word, of om selfs net aan ‘n perd te vat, maar moet ons nie daarna strewe om hulle by daardie punt verby te kry en REGTE PERDEMENSE OP TE LEI NIE? Ek bedoel mense wie ander onopgeleide mense kan wys hoedat hulle ‘n perd kan hanteer wat ander wie nie opgelei is nie, nie kan hanteer nie? Ek het al so baie “sterk, ervare” ruiters, wie na jare se opleiding en afrigting (en ten spyte daarvan dat hulle as werklike goeie ruiters beskou word), hul doodskrik as ‘n perd net effe padgee. 

Ek het ook ewe verfynde dogters gesien wie nie eers roer wanneer ‘n perd skielik skrik wanneer‘n voorwerp onverwags te voorskyn kom nie.   

LEES MEER LEERSAME ARTIKELS OOR PERDE AFRIGTING

No comments:

Post a Comment