Friday 2 September 2011

DEUR DIE OË VAN 'N PERD


Het jy ooit gedink wat deur die gedagtes van ‘n perd gaan wat nog nooit hanteer is nie, wanneer hy vir die eerste keer vir afrigting ingebring word?

Presies wat deur jou gedagtes gaan wanneer jy vir die eerste keer in ‘n vuurpyl op pad maan toe sit !!! Dit is oorweldigend.

Daardie perd is onbekend met ALLES om hom. Hy was nog nooit in ‘n klein area soos ‘n stal vasgekeer nie, of dalk selfs nie eers ‘n kraal nie. Hy het geen idee wat jy met hom wil aanvang nie. Al wat hy ken is om van gevaar weg te vlug, en NOU KAN HY NIE. Al waaraan hy kan dink is om vry te kom. Sover hy kan vasstel, mag jou volgende stap wees om hom seer te maak of self dood te maak, soos ‘n leeu of enige roofdier onder die omstandighede waarmee hy bekend is (oop veld, in die natuur). Dit is ‘n perd se natuurlike instink.

Wat gaan deur sy gedagtes wanneer jy die eerste keer aan hom prober raak? Sy natuurlike instink is om te vlug van gevaar, EN NOU KAN HY NIE. Wat is ‘n saal? Is dit ‘n voorwerp wat hom gaan seermaak of doodmaak? Of ‘n tuig? Hoe vreemd is sulke voorwerpe nie vir hom nie !!!!

Jy wil hom ‘n halter aansit. Jy bedreig sy mees kosbare, en ook sy mees kwesbare besittings: sy oë en ore, daardie dele van sy anatomie wat hy die nodigste het om hom te waarsku teen aankomende gevaar, wat hom betyds waarsku om te vlug. As iets met sy oë en ore gebeur, het hy geen waarskuwingsmeganisme om hom van gevaar in kennis te stel nie.

Is hy bekend met aanraking deur enige lewende skepsel, behalwe ‘n ander perd? Sal hy in sy natuurlike staat ‘n roofdier toelaat om sy lyf aan te raak, nog meer sy oë?

Verder moet dit in gedagte gehou word dat diere ‘n ingebore vrees vir mense het. God het hulle so geskape, eerstens om ons teen hulle te beskerm, en tweedens om ons in staat te stel om hulle aan ons te onderwerp.

Wat doen onsensitiewe, onervare, net eenvoudig dom perdemense?

In plaas daarvan dat hulle hierdie feite besef en in aanmerking neem, probeer hulle die perd oorheers, en maak hom dikwels seer om hom te probeer onderwerp.

Die (logiese) gevolg? Die perd se vrees om beseer te word, en die slegte bedoelings van die mens, is geregverdig !!!! Die voorwerp maak WEL seer, en die mens het WEL kwade bedoelings !!! Net gewone logika !!!

Wat behoort ons benadering te wees? Oortuig die perd dat die voorwerp ( saal, toom, tuig ens.) NIE seermaak nie, en die mens bedoel NIE om hom leed aan te doen nie.

Babapraatjies oortuig NIE ‘n perd nie. Geen perd verstaan Engels, Duits of Spaans nie.

Jy moet die gedagte aan die perd oorbring in ‘n taal wat HY verstaan, en jy moet verstaan wat HY vir JOU probeer vertel.

Hou hierdie blog dop vir die opvolg artikel, of bekom die volledige kursus oor perde afrigting, wat ‘n breë spektrum (soos lang leisels, opklim en inspan vir die eerste keer, stuur, bespreking van ‘n perd se bouvorm, ruiterkuns oefeninge, “grooming”, boererate  wat meesal beter werk as medisyne wat jy koop, perde tandheelkunde ens.) in fyn besonderhede bespreek deur http://www.greenhorsetrainingbook.org/ te besoek, en bestel jou kopie nou op http://www.greenhorsetrainingbook.org/order/  om onmiddelike toegang tot die hele kursus te hê.   


No comments:

Post a Comment