Wednesday 14 September 2011

WAAROM PERDE SPRING EN HOE OM DIT TE BENADER

Ongeag wat ons poog om met ons perde te doen, behoort ons eerste oorweging te wees om in gedagte te hou hoe die perd dit ervaar wat ons doen.

Het jy al ooit daaraan gedink hoekom ‘n perd spring wanneer ons dit die eerste keer opklim?

Om daardie vraag te beantwoord moet ons na die perd se natuurlike staat terugkeer. Terwyl die mens gedurende die laaste eeue en selfs dekades verstommende vooruitgang op die gebied van wetenskap en tegnologie gemaak het, is die verstand van die perd nog baie dieselfde as wat dit duisende jare gelede was. Ons het ‘n invloed op die rigting van teling gehad deur die individue te selekteer met ‘n meer afrigbare en onderwerpbare geaardheid, maar die basiese redenasievermoë, en hul assosiasie met sekere verskynsels, is baie dieselfde as wat dit duisende jare gelede was. Ons noem dit instink.

Ons moet in gedagte hou dat die perd ‘n prooidier is, wat beteken dat dit die prooi van roofdiere is. God het aan hulle ‘n natuurlike vermoë gegee om hulself te beskerm teen roofdiere ten einde te oorleef (instink). Dus, hoe ervaar die perd dit wanneer jy iets op sy rug plaas (‘n saal), en hom prober opklim?
Katte, soos leeus, luiperds en tiere val hul prooi van agter af aan, deur op hulle te spring en hul dood te maak of te verlam met sy tande. Met ander woorde: die perd “weet” dat iets wat agter sy kop opstyg, sy gewig op sy rug plaas en rondbeweeg op sy rug, net een doel het: om hom dood te maak vir kos.

Selfs al is perde nie meer aan die dieselfde gevaar blootgestel is as duisende jare gelede nie, is die natuurlike vrees steeds daar (selfs stadsbewoners wie nog nooit vir geslagte ‘n leeu gesien het nie, het ‘n ingebore vrees vir leeus). Dus, wanneer ons ‘n saal op sy rug sit, tree die natuurlike instink in werking. Selfs al het jy al vantevore honderde perde afgerig, is dit die eerste keer dat die perd so ‘n ervaring beleef. Dink daaraan: het enigiets al ooit op sy rug probeer klim? Wat anders kan dit beteken as ‘n motief om dood te maak? Vreesaanjaend !!!! Voeg die bewustheid van die gewig (wat die gewig van die roofdier verteenwoordig): dit behoort nie moeilik te wees om ons in te dink wat deur die perd se gedagtes gaan nie. Vir hom beteken dit ‘n onmiddelike bedreiging. Sy enigste ervaring van so ‘n situasie, is dat dit dood beteken.   

Verder val honde (honde, hiënas ens.) die pensgedeelte van groter prooi, soos perde, aan. Enige spesie, mense ingeslote, is besonder sensitief rondom die pens en liesareas. Hoe maklik word die meeste mense nie kielierig in die lies nie. Namate ‘n mens ouer word, raak die sensitiwiteit minder en senuwees raak afgestomp. Dieselfde geld vir perde.

Hoe kan ons dus hierdie onoorkomenlike struikelblok oorkom?

Gelukkig is alles nie teen ons nie. Die volledige perdehandleiding, EASY HORSE, verduidelik in ‘n baie maklike, praktiese en logiese manier hoe om dit te oorkom. Lees soortgelyke opvoedkundige inligting deur
te besoek en deur die webblad te beweeg. Die antwoord is meer ooglopend as wat jy dink.

No comments:

Post a Comment